Die Slagting in die Medwedef-woud (Russies: Медве́девский расстре́л, Medwedefski rasstrjel), of die Orjol-slagting (Орло́вский расстре́л, Orlofski rasstrjel), was 'n massateregstelling in die Sowjetunie wat op 11 September 1941 deur die destydse Sowjetse geheime polisie, die NKWD, uitgevoer is. Dit het plaasgevind skaars drie maande ná Nazi-Duitsland se inval in die land tydens die Tweede Wêreldoorlog. Altesaam 157 politieke gevangenes wat in die Orjol-gevangenis aangehou is, is in die Medwedef-woud net buite die stad Orjol op bevel van Josef Stalin doodgeskiet. Dit was een van die baie slagtings onder gevangenes deur die NKWD in 1941 net voor die Duitse besetting van gebiede.
Developed by StudentB